"Rapport" terug

JJ's latest...

Sjoe, wat ‘n slagting op Stellenbosch! Ek weet sulke wedstryde is nie goed vir die bemarking van die toernooi en die belangstellingsvlak van TV-kykers nie.

 

Maar al was die telling wat, ek kon nie ophou kyk na die Maties nie. Mensig, maar hulle is afgerond.

 

Die res van die wedstryde was volgens my bronne ewe spannend en daar was drama tot op die einde.

 

UJ het hulle kanse gehad, maar wat het hulle met Earl Lewis gedoen?

 

Die arme speler is óf beseer óf so onder instruksie om veilig te speel dat hy eintlik ‘n tragiese figuur was.

 

Hier is iemand wat op Curriebekervlak al deur spanne gehardloop het, maar gisteraand huiwerig, onseker en totaal ondoeltreffend was. Ek sluk swaar aan daardie een.

 

Gelukkig het die Gautengers vir Edgar Marutlulle.

Hierdie outjie, wat voorheen by die Puk was, het net daardie ietsie wat van hom ‘n ‘crowd favorite’ maak.

 

Die feit dat hy kan jol maak dit natuurlik makliker, maar hy is net een van daardie spelers waarvan jy moét hou.

 

Ek het nog nie regtig karakters in die kompetisie gekry nie, hoewel Tuks se Dirk Dippenaar een van my gunstelinge geword het.

 

Ek verstaan die kêrel was tot onlangs nog nooit in die gym nie, maar het sy krag van rodeo ry gekry. Hy speel ook soos ‘n bronco! Wild en ongetem. Tythan Adams het hom egter gisteraand gery, maar dit verander nie veel aam my gevoel nie.

 

Ikeys se Therlow Pietersen is ‘n ander. Hy is nie vir my so opwindend en onvoorspelbaar soos Lewis nie, maar is seker die mees begaafde aanvaller met die bal in hand.

 

My gunsteling voorryman is Tyrone Williams van NMMU en ek was bly om te hoor hulle het die Pukke ‘n slag ‘n goeie go gegee.

 

In Bloemfontein het TUT dit veels te laat gelos en te ver agter geraak teen Shimlas.

 

Twee drieë in die laaste minute het eintlik net die telbord beter laat lyk, maar daardie drieë kan Shimlas later byt as punteverskil die derde of vierde plek gaan bepaal.

 

Volgende week se wedstryde sal weer die punteleer verander en ek het nou reeds ‘n vermoede dat die een tussen Maties en Pukke in die laaste week weer die daaropvolgende week herhaal gaan word.

 

Maties en Ikeys speel ook vir tuisveld-voordeel, so daar is nog ekstra vet op die vuur vir hulle tradisionele stryd.

Tuks en Shimlas se uitslag sal ook seker een van die twee se aanslag finaal in die hek laat duik.

Na vyf weke van rugby lyk my VC XV so: Therlow Pietersen, Danie Poolman, Wayne Stevens, Franco Booysen, Dirk Dippenaar, Conrad Hoffmann, Lusu Booi, Tertius Daniller, Emile Verster, Hanno Pieterse, Marinus Pretorius, Dirco Rautenbach, Louw Adriaanse, Edgar Marutlelle, Johan Roets.

 

Ja, ja ek weet. Maar as jy ‘n beter span in gedagte het, laat weet gerus!

J.J. Harmse

Sports Writer

Posted: Tuesday, March 02, 2010 8:13 AM by FNB Varsity Cup