Ek kom nou net terug van die maties - tut game en was nogal teleurgestel met die feit dat die dj die hele vibe van game op bliksem. Ek wonder maar net of dit noodsaaklik is dat hulle musiek moet speel terwyl die ouens speel? kan hulle dit nie tot half-tyd of beserings beperk nie?
dankie
Die reeling is dat musiek glad nie gespeel word as die ouens besig is nie - net so nou en dan !
hou asb op met die musiek, die musiek het heel aand gespeel, dis rugby nie 'n disco of sokkie nie!?!?
ek stem 100% saam. ek het 'n nota aan die organiseerders gestuur want dit is hoogs iriterend terwyl die game aan is...vader weet alleen hoe die spelers die skeidsregter kan hoor deur al die geraas.
sover ek weet is dit net by Coetzenburg 'n probleem. Die ander klubs hou by die reels.
Ek dink nie julle gaan beter rugby speel as die musiek af is nie!!!
I'm not blind to my team's errors. Yes we played horribly yesterday, but Stellenbosch cannot be the exception to the rule. Have you ever been to a stadium to watch a rugby match and they play music throughout the game??? It's unheard of and should be nipped in the bud - especially with semi final and final games coming up.
Hierdie is Varsity cup en nie 'n ouetehuis nie!!
"Hierdie is Varsity cup en nie 'n ouetehuis nie!!"
Is jy ernstig? As jy musiek wil luister, hoekom gaan jy nie na 'n kuier plek toe nie? As jy musiek EN rugby soek, dan sal 'n pub nie vir jou beter pas nie???
Sê nou Maties speel teen TUKS op Nuweland voor 'n Super 14 game, so hulle nogsteeds die hele tyd musiek speel? Hoekom is dit anders vir Varsity Cup games? Die geluide van die game self is soveel beter! Om die big hits, ref en spelers te hoor skree is baie beter as 'n top 10 playlist. Maar as hulle 'n drie druk, dan kan die DJ gooi, want dan wil almal dans en mal gaan (myself ingesluit).
Ditto OTTER...