Miss Maties - Minette Tollig

Minette Tollig 

 

Q1. Where did you matriculate?

Ans : Ek het gematrikuleer by Hoërskool Nelspruit

Q2. What are you studying?

Ans : Drama en teater

Q3. What do you most enjoy about student-life?

Ans : Om 'n Matie te wees! Dit is 'n universiteit met passie, hier is studente met gees en dosente met onbeskryflike dryfkrag. 'n Plek wat jou vorm tot die beste individu wat jy kan wees. Hier kan jy lag, hier kan jy leef en hier kry jy geleenthede. 'n Soen in die laan, 'n akker op jou kop en kosbare vriende, dit alles maak my student lewe 'n fees!

Q4. Why did you enroll in the Miss Varsity Cup 2011 competition?

Ans : As 'n eerstejaar ken ek nie baie mense nie veral omdat ek van ver af kom. Geleenthede soos dié is nie om elke hoek en draai nie. Ek het die kompetisie as 'n geleentheid gesien om nuwe vriende te maak omdat ek 'n passie vir mense het. Hulle sê mos “'n kans is net 'n kans as jy dit vat.”

Q5. Who is your favorite university first team rugby player and why?

Ans : Callie Visagie die kaptein van die Maties span. Leiding, passie en deursettingsvermoë skort nie by Callie nie. Hy is 'n voorbeeld vir enige ander man op die kampus en 'n regte “gentlemen”!

Q6. What do you think about global warming and world peace?

Ans : Aardverwarming en “world peace” is nie net 'n uitdaging vir wêreld nie, maar ook vir ons as individu. “World peace” en die vermindering van aardverwarming is pragtige ideale om na te strewe want dit is ons plig as tydelike inwoners om die aarde en sy mense tot die beste van ons vermoë te beskerm.

Q7. Which word do you not like to hear at all and why?

Ans : “Kan nie”... jy sal nooit weet as jy nie probeer nie!

Q8. What or who motivates you and why?

Ans : Die wete dat ek 'n God het wat my onvoorwaardelik liefhet, my vriende en my familie. Dit is die mense wat my deur moeilike en gelukkige tye bystaan sonder hulle sou my lewe leeg gewees het.

Q9. If you were given 50 pink roses, who would you send it to and why?

Ans : Ek sal dit vir Riamien Dreyer een van my goeie vriendinne gee wat tans besig is om chemo behandeling te ondergaan. Sy doen altyd goed aan ander sonder die hoop om iets terug te verwag!

Q10. What is your impression of the Varsity Cup -Keep the agro on the field-campaign?

Ans : Ek dink dit is 'n fantastiese organisasie en die feit dat die manne opstaan vir die organisasie se baie oor hulle karakters. Die pienk rugby broek is 'n goeie manier om dit te simboliseer. Dis omtrent tyd dat mans opstaan vir geweld teen vrouens en kinders.


Add a comment