UP-Tuks trek Okkie nader

Nollis Marais, hoofafrigter van FNB UP-Tuks, het gister verras met die insluiting van die gewese Blou Bul-flank en Sewes-Springbok Okkie Kruger in die beginspan vir die Varsitybeker-wedstryd teen UJ Maandagaand in die TuksRugby-stadion.

Kruger, deesdae 'n dokter van beroep, is 'n oud-student van die UP en bekend vir sy baljagter-vermoëns.

"Ons is deur die skeidsregters in kennis gestel dat daar in die reeks van 2012 geen genade by die afbreekpunte betoon sal word nie en daarom was dit belangrik om die nommer 6 trui aan iemand soos Okkie toe te ken wat ervare is en presies weet wat op die grond toelaatbaar is," het Marais gesê.

Kruger is een van sewe spelers in die beginspan wat nog nie Varsitybeker-rugby vir UP-Tuks gespeel het nie. Die ander ses is die haker en kaptein, Zane Botha, die loskopstut, Sabelo Nhlapo, die slot Mike Williams, die skrumskakel, Lohan Jacobs, die senter Jerome Pretorius en die heelagter, Clayton Blommetjies.

UP-Tuks se span: 15 Clayton Blommetjies; 14 Deon Helberg, 13 Jerome Pretorius, 12 Dabeon Draghoender, 11 Hayden Groepes; 10 Wesley Dunlop, 9 Lohan Jacobs; 8 Jono Ross, 7 Jacques Verwey, 6 Okkie Kruger, 5 Franco Mostert, 4 Mike Williams, 3 Grant Kemp, 2 Zane Botha (kaptein), 1 Sabelo Nhlapo.
Plaasvervangers: 16 Jacques Momberg, 17 Juan Schoeman, 18 Jono Janse van Rensburg, 19 Lean Schwartz, 20 Clayton Stewart, 21 Willie du Plessis, 22 Riaan Britz, 23 Basil Short.

Hoofafrigter: Nollis Marais

Datum: Maandag, 6 Februarie
Plek: TuksRugby-stadion, Pretoria
Afskop: 7nm (Regstreeks op SuperSport Een)
Skeidsregter: Joey Salmans
Assistant skeidsregters: Jaco van Heerden, Stephan Geldenhuys
Televisie skeidsregters: Gerrie Coetzee, Johan

Add a comment