UP-Tuks buit Blou Bul-kroon

FNB Tuks kan ná hul oortuigende sege oor Polisie die afgelope Saterdag op Loftus Versfeld in die Carltonbeker-eindstryd met reg daarop aanspraak maak dat hulle in 2011 nie hul gelyke in Blou Bul-klubrugby gehad het nie.

Die oorwinning met 48-16 het die kroon op 'n merkwaardige seisoen gespan waarin UP-Tuks nie een Carltonliga-wedstryd verloor het nie. Dit wil gedoen wees om 14 agtereenvolgende seges te behaal en daarom was dit verdiende beloning dat die span van Peet Botma slegs die derde in die 103-jarige geskiedenis van TuksRugby geword het wat 'n Carltonbeker-seisoen onoorwonne afgesluit het.

Die stigterslid van dié ekslusiewe klub was die span van 1972, waarin Wynand Claassen, huidige president van TuksRugby, gespeel het. Eers 35 jaar later het die span van 2007 hom by dié van 1972 aangesluit.

Die 2011-eindstryd was aanvanklik op 'n mespunt gebalanseer, want in 'n stadium van die tweede helfte was UP-Tuks net met 19-16 voor. Soos in die eindstryd van 2010 was dit egter weer die studente se skitterende eindpoging wat al die wind uit Bobbies se seile gehaal het. Uiteindelik het die drieëtelling van 8-1 sy sy eie verhaal oor UP-Tuks se heerskappy vertel.

UP-Tuks se agt drieë is deur Jonathan Janse van Rensburg, Nqubeko Zulu, Zane Botha, Dabeon Draghoender, Ruhan Nel, Robbie Coetzee, Poerie van Rooyen en Pieter Oosthuizen gedruk. Tian Schoeman het vier daarvan verdoel.

TuksRugby het ook drie ander kampioene opgelewer: in die tweede, derde en o.20-liga.

* Tuks, through this victory, became the 16th and final team to qualify for the 2011 National Club Championships which will be held in Stellenbosch.

They could, however, meet FNB Maties in the quarterfinals, should both teams win their first round fixtures on Saturday. Such a scenario would seem likely one would think.

Add a comment