Só lyk sake vir voorste Puk-koshuisspanne

Ná vyf rondes van die NWU-Puk se koshuislia is daar bitter min wat die spanne in hul onderskeie afdelings skei.

In die Super 1 afdeling loop Puk o.19 voor met 21 punte na vyf wedstryde en vier oorwinnings.

Kort op hul hake is onoorwonne Patria 1 (16 punte) met vier oorwinnings uit net soveel wedstryde.

Villagers 1 het ook 16 punte, maar hulle het een wedstryd meer gespeel.

Caput 1 staan op 14 punte met drie oorwinnings na vier probeerslae.

In die Super 2 afdeling loop Veritas 2 voor. Hulle het 18 punte reeds opgestapel na vyf wedstryde en vier oorwinnings.

Tweede is Villagers 2 met 16 punte, Overs 2 ook met 16 en Patria 2 met 15 punte.

In die Super 3 afdeling kraai Overs 3 koning met 16 punte na vier oorwinnings in vyf wedstryde.

Patria 3 is tweede en Veritas 3 is derde.

In die Premier 1 afdeling is Hombré 1 die toonaangewers met 17 punte, met Excelsior 2 wat ook 17 punte het. Thaba-Jäh 1 lê derde met 10 punte.

In die Premier 2 afdeling loop De Wilgers 3 voor met 18 punte, gevolg deur Veritas 4, Patria 4 en Excelsior 3.

Die span wat tot dusver die meeste drieë gedruk het is Puk o.19 met 19 drieë en die span wat die meeste drieë afgestaan het is Mafikeng 1 met 20.

Deur Bertie Jacobs

Add a comment