Kovsie-Barbarians kraai koning in Pretoria
Kovsies se Barbarian-rugbyspan het Vrydag by die LC de Villiers stadion in 'n tawwe stryd teen hul ewe kniëe van Tuks koning gekraai.

Die Baabaas van Kovsies het met 'n 33-27 oorwinning van die Pretoriaanse veld afgestap.
Teen rustyd het hierdie wedstryd egter nie so goed vir die span van Bloemfontein gelyk nie. Hulle was 15-5 agter teen die Tukkies. Die tweede helfte het gesien dat die Bloemfonteiners 'n drastiese terugkeer maak in die spel.
Kovsies se regtervleuel, Robbie Heuer, het gedurende die wedstryd driemaal die doellyn gaan opsoek. Sy koshuismaat van Armentum en Baabaas se skrumskakel, Jaco henning, het ook vier van Kovsies se vyf drieë verdoel met sy skopwerk.
Die twee spanne wat in hierdie eenmalige vriendskaplike-wedstryd teen mekaar te staan gekom het, het bestaan uit van die beste rugbyspelers van verskillende koshuise by die onderskeie universiteite.
Kovsies se puntemakers:
Drieë: Robbie Heuer 3, Wiehan de Jager, Weich Morrisson
Doelskoppe: Jaco Henning 4
Deur Stefan Lotter
| Add a comment |









