top of page

Pukke kielhaal Pirates

Die NWU-Pukke het Saterdagmiddag nie net die gevaarwaters van Greenside in Johannesburg trotseer nie, maar ook gesorg dat ’n gevaarlike Pirates-span 49-30 skipbreuk op hul eie rotse gely het.


Sodoende het Hannes Esterhuizen se span Jong Turke weer hul skip op koers gekry ná Roodepoort die vorige naweek die wind uit hul seile gehaal het.


Reg, genoeg met die oormaat beeldspraak.


Die besoekende studente het altesaam ses drieë gedruk, wat ’n tweekuns vir sowel Eloff Scheepers as Rowayne Beukman ingesluit het.


Pirates het van meet af die wind van voor gekry (jammer) en was aan die ontvangkant van ’n Puk-aanslag wat die studente ’n 22-3 voorsprong besorg het.


Pirates se vlag het egter nie lank halfmas gehang nie (laaste, belowe) en teen lemoentyd was hul agterstand slegs 22-18.


Hierna het die momentum wipplank gery voor Pukke in die laaste 15-minute met die wedstryd weggehardloop het.


"Ons het met tye goeie rugby gespeel, maar dit bekommer my dat ons met tye in die wedstryd aan die slaap geraak het," sê hoofafrigter Hannes Esterhuizen.


"Die spelers se besluitneming was wel stukke beter as teen Roodepoort en dit het gehelp dat ons ’n paar oumanne terug in die span gehad het, wat die druk op die minder ervare ouens ligter gemaak het. Dit was ook lekker om te sien hoe ons die bal vinnig deur die hande tot by ons vleuels gekry het, iets waarmee ons ook verlede week gesukkel het."


Benewens die agterlyn se beter tydsberekening was daar ook weereens geen klagtes oor Pukke se lynstaan nie; dié het klopdisselboom gewerk.


Vir die wenspan het agtsteman SJ Niemand ’n barshou gespeel, Hofmann Maritz was vlymskerp vir die tyd wat hy op die veld was, Justin Botha het op losskakel die wedstryd met gesag beheer en kaptein FG Fouché het met oorgawe die donkiewerk gedoen.


Hoewel Pukke se wedstryd teen Impala uitgestel is weens laasgenoemde se reisverpligtinge, vind daar Donderdag ’n vriendskaplike wedstryd (met twee Pukspanne wat gaan uitdraf) teen die Luiperds se o.21-span plaas.


Hierdie dien as voorbereiding vir die Puk se USSA-veldtog wat einde vandeesmaand afskop.


Deur Bertie Jacobs

0 views

Related Posts

See All

FNB CUT will be making their debut in the 2015 FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International after beating the FNB UKZN Impi 35-26 in the 2014 Varsity Shield Final. The promotion to the Cup com

The 2014 Currie Cup final between Western Province and the Golden Lions will be a hallmark for the FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International fraternity. The match will feature no less than

News

The latest updates

LATEST VIDEOS

FINAL highlights - FNB NWU vs FNB UCT 2023

18 Apr 2023

FNB Impact Player - Duran Koevort

17 Apr 2023

FNB Varsity Shield final HIGHLIGHTS - FNB UWC vs FNB CPUT 2023

17 Apr 2023

bottom of page