top of page

Roodepoort looi Pukke

Bou ’n galg vir ander, en jy hang self daaraan. Dít was die duur les wat die NWU-Puk Vrydagaand in hul wegwedstryd teen Roodepoort geleer het toe die studente se aanvanklike aanslag op ‘Poorte se agttal lelik in hul gesigte opgeblaas het.


Dit was ’n fout. Voorlangs is ‘Poorte so sterk soos Jan Wilkens en dit is daar waar hulle die skroewe aangedraai het om ’n welverdiende 30-14 sege uit Pukke te wurg. Ouch.


"Ons het verkeerd gespeel," sê hoofafrigter Hannes Esterhuizen. "Inteendeel, ons het presies die teenoorgestelde gespeel as wat ons beplan het. Ons het geweet ons moet nie hul voorspelers in die eerste en tweede kanaal aanval nie, maar eerder die bal wyd vat en hul verdediging rek. Deur dit nie te doen nie kon Roodepoort hul pak bymekaar hou."


Pukke het die eerste halfuur of wat die meerderheid besit geniet en was deurlopend, dog onsuksesvol, op die aanval.


‘Poorte se twee drieë net voor halftyd was ’n dwarsklap vir Pukke se gemoedere en hul daaropvolgende twee ná halftyd was genoeg om die besoekers se voete onder hulle uit te haal.


Drieë deur Dawie de Koker en Wynand Olivier na die einde se kant toe was bloot troospryse.

Waar ‘Poorte op hul pak staatmaak om teenstanders te kielhaal gaan die Puk Saterdag in Johannesburg met ’n meer gebalanseerde Pirates-span kragte meet.


"Pirates kan sowel op hul voor en agterspelers se knoppies druk, hulle het takties baie vernuf en hulle gee nooit op nie. Hul skakelpaar het ook hope ervaring en is goeie besluitnemers," verduidelik Esterhuizen.


As teenvoeter vir dié ewewig wat hulle in die gesig staar het Esterhuizen sy troepe vandeesweek tydens oefensessies getaak om op hul geduld sowel as besluitneming te fokus.


"Ons gaan moet seker maak dat ons meer planmatig op die veld te werk gaan en ook die bal beter gebruik. Ons besluitneming moet definitief verbeter."


Die les is geleer. Saterdag gaan dit die studente wees wat gaan poog om dosente teen Pirates te wees.


Deur Bertie Jacobs

4 views0 comments

Related Posts

See All

Tigers to represent CUT

FNB CUT will be making their debut in the 2015 FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International after beating the FNB UKZN Impi 35-26 in the 2014 Varsity Shield Final. The promotion to the Cup com

Alumni to set CC Final alight

The 2014 Currie Cup final between Western Province and the Golden Lions will be a hallmark for the FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International fraternity. The match will feature no less than

News

The latest updates

LATEST VIDEOS

Varsity Shield Final HIGHLIGHTS: FNB Tuks vs FNB Varsity College - 26 April

02 May 2024

Womens final HIGHLIGHTS: FNB Maties vs FNB UFH - 26 April

02 May 2024

Final HIGHLIGHTS: FNB UFS vs FNB UCT

24 Apr 2024

bottom of page